Die naam van die Vereniging is “SUID-AFRIKAANSE LIETSJIEKWEKERSVERENIGING NWO” (SALKV)
Die hoofkantoor van die Vereniging is te Tzaneen of op sodanige ander plek of plekke soos wat die Direksie besluit.
Die Vereniging sal ‘n regspersoon wees wat onafhanklik van sy lede bestaan, met onophoudelike opvolging en by magte om roerende en onroerende eiendom te hê en te besit, en al sy bates sal op die naam van die Vereniging geregistreer of gehou word; die individuele lede van die Vereniging sal nie aanspreeklik gehou word om die skulde, verbintenisse of aanspreeklikhede van die Vereniging te vereffen wat in naam van die Vereniging aangegaan sal word nie en die aanspreeklikheid van die lede sal beperk wees tot bedrae wat hulle verskuldig is ten opsigte van hul ledegeld of ten opsigte van ander gelde wat ingevolge hierdie Statute deur hulle betaalbaar is.
Die doel en doelwitte van die vereniging sal wees:
Die inkomste, eiendom en gelde van die Vereniging, hoe dit ookal verkry is, word uitsluitlik aangewend vir die bevordering van die doelwitte van die Vereniging soos hierin uiteengesit, en geen deel daarvan mag direk of indirek oorgedra word by wyse van ‘n dividend, bonus of andersins by wyse van wins aan die persone wat op daardie tydstip lede van die Vereniging is of voorheen lede was of aan enige ander persoon wat namens hulle eis nie, met dien verstande egter dat niks wat hierin vervat is, sal verhoed dat die toevallige uitgawes van sy beamptes, dienaars en lede van die Vereniging te goedertrou betaal word, of die betaling te goedertrou van vergoeding aan enige persoon, wie ook al, in ruil vir sy dienste wat werklik aan die Vereniging gelewer is nie.
Lidmaatskap van die Vereniging word beperk tot:
Kwekerlede:
Kwekerlede is alle persone wat lietsjies kweek.
Geassosieerde lid is alle persone of entiteit wat lietsjies van kultiveerders ontvang vir die voorbereiding en verpakking vir verkoop van lietsjies; en sluit persone of entiteite in wat lietsjies van kultiveerders koop en/of as agente optree vir die verkoop van lietsjies, en as agente of kontrakteurs vir lietsji-verwerking optree.
Persone of entiteite wat ‘n belangstelling in die lietji-industrie het, insluitend maar nie beperk tot: lietji-kwekerye, landou -adviseurs, groothandelaars, kleinhandelaars, toerustingversorgers, navorsers en opvoeders of enige persone wat, in die uitsluitlike diskresie van die Raad, lidmaatskap moet verkry. Geassosieerde Lede mag ook persone insluit wat buite Suid-Afrika gevestig, woonagtig of gedomisilieer is.
Erelidmaatskap: Persone wat deur die Raad (handelend in hul uitsluitlike en absolute diskresie) aangestel word ter erkening van spesiale of buitegewone dienste gelewer aan die lietsji-industrie.
Spesiale lede mag uitgenooi word om by die vereniging aan te sluit vir sodanige tydperke as wat die Direksie bepaal.
Enige persoon of entiteit wat buite Suid-Afrika gevestig of woonagtig is.
Aansoek om lidmaatskap moet skriftelik gedoen word op die voorgeskrewe vorm en vergesel wees van die intreegeld en subskripsies waarvoor daar in die Reëls voorsiening gemaak word deur die Bestuur wat na sy uitsluitlike goeddunke geregtig is om enige sodanige aansoek te aanvaar of van die hand te wys.
‘n Lederegister moet deur die Algemene Bestuurder van die Suid-Afrikaanse Lietsjie Kwekersvereniging gehou word.
Slegs presterende kweker- en nie-kwekerslede (d.w.s. lede wat hul subskripsies ten opsigte van die lopende tydperk betaal het) en erelede kom in aanmerking om enige amp in die Vereniging te beklee of om te stem op ‘n algemene vergadering van die Vereniging waarop enige sodanige lid geregtig is op een (1) stem, met dien verstande dat kwekerlede ten opsigte van die jaar wat volg op die jaar waarin hulle meer as 200 (TWEE HONDERD) heffingstonne lietsjies geproduseer het een bykomende stem het ten opsigte van elke bykomende 200 (TWEE HONDERD) heffingstonne lietsjies wat geproduseer is. Geen lid, behoorlik skriftelik gemagtig, is geregtig om te stem vir meer as twee ander lede van die vereniging wat nie op enige vergadering van die vereniging teenwoordig is nie.
Lidmaatskap van die Vereniging eindig:
Die intreegeld en subskrisies wat deur lede betaalbaar is, is die wat van tyd tot tyd ingevolge die Reëls voorgeskryf word.
‘n Lid is geregtig om op enige tydstip te bedank, mits hy die Vereniging skriftelik in kennis gestel het van sy voorneme om dit te doen.
Die Raad van Direkteure is geregtig om enige lid te skors of uit te sit en van die Register van Lede te skrap wat sonder goeie rede:
Enigeen van die bepalings van hierdie Statute of Reëls van die Vereniging verbreek, of
versuim om sy verpligtinge ten opsigte van gelde wat hy aan die Vereniging verskuldig is binne 30 (DERTIG) dae na te kom na die einde van die maand waarin sodanige gelde betaalbaar word.
Enige opskorting van lidmaatskap is vir sodanige tydperk as wat die Bestuur bepaal, en gedurende daardie tydperk is die betrokke lid nie geregtig om sy stemreg uit te oefen nie en enige vergaderings van die Vereniging by te woon nie.
Enige sodanige registrasie, opskorting of uitsetting onthef nie daardeur sodanige versuimende lid van sy verpligting teenoor die Vereniging nie, en in die geval van sodanige bedanking of versuim is die lid ook nie geregtig op enige terugbetaling van sy intree- of subskripsiegeld of enige gedeelte daarvan nie.
‘n Direkteur wat een van die volgende 5 gebiede verteenwoordig:
Die streekdirekteure, word deur die lede van daardie gebied op ‘n algemene jaarvergadering van die Vereniging verkies.
Behalwe die Besturende Direkteur wat ‘n betaalde werknemer van die Vereniging is en wat sy amp beklee vir die tydperk wat die Direkteure bepaal, beklee alle ander Direkteure hulle amp een jaar, maar hulle is daarna beskikbaar om herkies of herbenoem te word.
Die direkteure het elkeen een stem op vergaderings van die Direksie en is geregtig om skriftelik ‘n alternatiewe direkteur te benoem om teenwoordig te wees en op direksievergaderings namens hulle te stem.
Die Direksie vergader of beraadslaag minstens een keer per jaar en so dikwels en op sodanige tye as wat die Direksie nodig ag vir die afhandeling van sake en kan verdaag of andersins sy verrigtinge op sodanige wyse afhandel as wat hy bepaal. Sake wat voortspruit uit enige vergadering word beslis volgens ‘n meerderheid van stemme en in die geval van ‘n staking van stemme het die Voorsitter, ‘n tweede of beslissende stem. ‘n Tweederde meerderheid van die direkteure wat op enige vergadering teenwoordig is, word vereis ten opsigte van alle fiskale aangeleenthede waaroor die Direksie moet besluit. ‘n Lid van Direksie kan, en die Sekretaris moet op versoek van ’n lid van die Direksie op enige tydstip ‘n vergadering van die Direksie belê.
Die Direksie moet toesien dat behoorlike notules van alle vergaderings gehou word, en die notule van elke vergadering moet op die eersvolgende vergadering van die Direksie vir goedkeuring voorgelê word en daarna deur die Voorsitter onderteken word.
Daarbenewens moet die Direksie toesien dat akkurate rekords gehou word van alle finansiële en kontraktuele transaksies.
‘n Voorsitter en Vise-voorsitter van die Direksie moet op sy eerste vergadering deur die Direksie benoem word.
Die Direksie is geregtig om enige direkteur uit die Direksie te sit wat sonder goeie rede van 2 agtereenvolgende vergaderings van die Direksie afwesig is.
Die kworum wat nodig is vir die afhandeling van die sake van die Direksie is 40% van die gekose Direkteure op die Raad.
Die Direksie het die volgende bevoegdhede:
Die Algemene Jaarvergadering en spesiale algemene vergaderings van die Vereniging moet belê word deur skriftelike kennisgewing aan elke lid, minstens 14 (VEERTIEN) dae voor die datum van die vergadering met vermelding van die datum, plek, tyd en agenda vir die vergadering;
Die Algemene Jaarvergadering moet elke jaar gehou word nie langer as twee maande na 30 September om die volgende sake af te handel:
Om direkteure te kies waarvoor daar in 12 hierbo voorsiening gemaak is of kennis te neem van die Area Direkteure wat verkies is op vergaderings in elke area voor die jaarvergadering gehou is;
Om sake van algemene belang te oorweeg.
‘n Spesiale algemene vergadering kan belê word deur die Voorsitter en een lid van die Direksie of op versoek van drie lede wat so ‘n versoek skriftelik by die Besturende Direkteur moet indien en die spesiale algemene vergadering wat aldus belê is, kan slegs die spesifieke saak behandel waarvoor die vergadering belê of versoek is;
Geen saak kan op ‘n algemene vergadering behandel word tensy ‘n kworum van lede teenwoordig is op die tydstip wanneer die vergadering met sy werksaamhede begin nie en sodanige kworum is 5% van die totale getal lede wat op die laaste dag van die maand wat die vergadering voorafgaan in die lederegister verskyn, tensy die Vereniging anders bepaal.
Indien daar nie ‘n kworum soos hierbo teenwoordig is nie, moet verdere kennis van 14 (VEERTIEN) dae gegee word van ‘n vergadering en indien ‘n kworum nie binne ‘n halfuur na die vasgestelde tyd vir sodanige vergadering teenwoordig is nie, maak die lede wat dan teenwoordig is ‘n kworum uit.
Op enige algemene vergadering word ‘n besluit waaroor daar gestem word met die opsteek van hande aangeneem. ‘n Verklaring deur die voorsitter van die vergadering dat ‘n besluit aangeneem is al dan nie en ‘n inskrywing te dien effekte in die notuleboek van die Vereniging is afdoende bewys van die feit, sonder dat die werklike getal of verhouding van stemme wat ten gunste of teen sodanige besluit uitgebring is, opgeteken word;
In die geval van ‘n gelykoptelling van stemme, hetsy daar deur die opsteek van hande of met briefies gestem is, is die Voorsitter van die vergadering waarop die stemming plaasvind, geregtig op ‘n tweede of beslissende stem.
Geen wysiging van die Statute word gedoen nie behalwe op ‘n algemene vergadering waarvan minstens 28 (AGT EN TWINTIG) dae skriftelike kennis gegee is en die voorgestelde wysiging van die Statute uiteengesit is en gestuur is aan alle lede, en tensy die wysiging deur ‘n tweederdemeerderheid goedgekeur word van diegene wat teenwoordig is en op die vergadering stem.
Die Vereniging moet behoorlike rekeningboeke byhou wat gedurende sake-ure ter insae lê by die hoofkantoor van die Vereniging vir enige lid wat geregtig is om afskrifte daarvan of uittreksels daaruit te maak. Die boekjaar van die Vereniging begin elke jaar op die eerste dag van OKTOBER.
Die Vereniging is ontbind indien minstens twee derdes van die lede wat geregtig is om op ‘n algemene Jaarvergadering te stem ten gunste van sodanige ontbinding stem. Geen voorstel vir die ontbinding van die Vereniging word oorweeg tensy alle lede minstens drie maande voor die oorweging van die voorstel daarvan in kennis gestel word nie.
Indien daar by likwidasie of ontbinding van die Vereniging enige eiendom van watter aard ook al oorbly nadat al die skulde en verpligtinge van die Vereniging nagekom en vereffen is, word dit nie onder die lede van die Vereniging verdeel of aan hulle uitbetaal nie maar word geskenk of oorgedra aan die een of ander instelling of instellings met soortgelyke doelstellinge as die van die Vereniging en die betrokke instelling of instellings moet deur die lede van die Vereniging voor of ten tyde van die ontbinding bepaal word.
Die Suid Afrikaanse Lietsjie Kwekersvereniging (hierna verwys in die subklousules van klousule 21 as SALKV) moet uit ‘n kommitee, bestuursraad of soortgelyke beheerliggaam bestaan wat ten minste uit drie (3) persone bestaan, wat geensins aan mekaar verbonde is nie, om die fidusiêre verantwoordelikheid van SALKV te aanvaar;
Die toetreegeld en jaarlikse subskripsie is ten opsigte van:
Spesiale lede en lewenslange erelede betaal nie toetreegled of subskripsie nie;
Die Raad kan die toetreegeld en jaarlikse subskripsie van tyd tot tyd hersien met dien verstande dat veranderinge in die jaarlikse subskripsie slegs vanaf die aanvang van die eersvolgende boekjaar van die Vereniging van krag word;
Toetreegelde en subskripsies is betaalbaar by goedkeuring van lidmaatskap en daarna binne 30 (DERTIG) dae na die aanvang van die boekjaar van die Vereniging;
‘n Lid wat van voorneme is om te bedank, moet die Voorsitter voor die datum waarop sodanige subskripsie betaalbaar word skriftelik daarvan in kennis stel en indien hy in gebreke bly om dit te doen, is hy verplig om die helfte van die jaarlikse subskripsie te betaal.
Kwekerlede sal aansprekklik wees vir die volgende heffings op verkope aan die Assosiasie:
Alle gelde wat ingevolge hierdie paragraaf betaalbaar is, tensy dit regstreeks deur die Vereniging verhaal word, is aan die Vereniging betaalbaar binne 45 (VYF EN VEERTIG) dae nadat die lid betaling ontvang het;
Die Vereniging kan van lede vereis om sodanige dokumente of bewys voor te lê as wat hy nodig ag ter stawing van die verkoop van lietsjies deur lede.
‘n Nuwe lid moet aansoek doen op ‘n aansoekvorm wat die Raad voorskryf en die kandidaat onderteken het. Die aansoekvorm moet by die Sekretaris ingedien word saam met die voorgeskrewe geld en subskripsie, en lidmaatskap van die kandidaat word van krag wanneer die Raad dit goedgekeur het.
Die ondertekende aansoekvorm om lidmaatskap is erkenning deur die lid dat hy instem om hom te laat bind deur die Statute en Reëls en Regulasies van die Vereniging.
Die minimum hoeveelheid lietsjies wat ‘n kwekerlid regstreeks moet hanteer en verpak om ingevolge paragraaf 12.3 van die Statute as Nie-kwekerdirekteur te kwalifiseer, is 200 (TWEE HONDERD) heffingstonne lietsjies.
Die lidmaatskap van ‘n lid van die Vereniging wat enige van die bepalings van die Statute of hierdie Reëls oortree, kan opgeskort word vir sodanige tydperk as wat die Direksie goeddink of hy kan uit die Vereniging gesit word en sy naam kan van die lederegister geskrap word.
Enige lid wie se lidmaatskap opgeskort word of wat uitgesit word en wie se naam van die lederegister geskrap word en wat ’n lid van die Direksie is, hou by sodanige skorsing of uitsetting outomaties op om ‘n lid van die Direksie te wees.